Leave us your details for up to the minute movie news

Sneeukoningin 2 – In fliekteaters 25 November

Inline images 1

Om ’n sprokie te verstaan

 

 

’n Sprokie soos Die Sneeukoningin is ’n
fiktiewe storie met ’n hele klomp volkskarakters (soos feetjies, kabouters, elwe,
trolle, hekse, reuse en pratende diere) propvol bekoorlike oomblikke en dikwels
’n vergesogte opeenvolging van gebeure.

 

Sprokies of feëverhale se wortels word aangetref
in die mondelinge tradisie wat oor verskillende kulture en vastelande strek en
daarom toon baie sprokies se intriges, karakters en motiewe heelwat
ooreenkomste. Sprokies is ook geneig om by die kenmerke van die omgewing waarin
hulle afspeel aan te pas, soos blyk uit die keuse van die motiewe, die styl
waarin dit vertel word en die manier waarop dit uitgebeeld word.

 

Stith Thompson, ’n Amerikaanse
akademikus wat in volksvertellings spesialiseer, omskryf die sprokie as ’n
redelike lang vertelling met ’n opeenvolging van motiewe of episodes. Dit speel
af in ’n onwerklike wêreld sonder ’n presiese ligging of definitiewe kreature en
allerhande wonderlike dinge gebeur in die storie. In hierdie kammaland maak
beskeie helde hulle teenstanders dood, bestyg trone en trou met prinsesse.

 

Hoewel daar baie definisies van sprokies is, is
die een aspek waaroor wêreldwyd saamgestem word, dat ’n sprokie nie feetjies
hoef te hê om ’n feëverhaal te wees nie. Soos Thompson tereg opgemerk het, is
pratende diere en die teenwoordigheid van ’n towerkrag meer algemeen aan
sprokies as feetjies.

—