Leave us your details for up to the minute movie news

Pretville

 

Opsomming

Daar is weer ’n splinternuwe musiekrolprent op pad uit die stal van die vervaardigers van ‘LIEFLING, DIE MOVIE’, genaamd PRETVILLE.

PRETVILLE is ’n klein dorpie in die laat 1950’s en die dorpie lê in die harte van alle Suid-Af- rikaners. Hier is alles moontlik en allerhande interessante dinge gebeur….. Dis ’n helder, kleurvolle en swierige (stylvolle) dorpie soos wat jy nog nooit gesien het nie met ’n asemrowende stel, kostuums en veteraanmotors wat die verbeelding aangryp. PRETVILLE doen sy naam gestand en daar is altyd ‘pret’ in PRETVILLE !!!!!

Read more


Die internasionaal bekende komponis en liedjieskrywer, Machiel Roets, wat die af- gelope 12 jaar in London musiekregisseur was vir baie pantomimes en musiekblyspele op die verhoog het na Suid-Afrika teruggekeer om meer as 20 nuwe liedjies vir PRETVILLE te komponeer. Hierdie liedjies is tipies van die vyftigerjare.

PRETVILLE is die blyplek van ’n hele paar baie bekende akteurs en sangers, maar daar is ook nuwe intrekkers met nuwe, vars talent wat jou gaan verras.

Hartiwood Films is trots om weer baanbreker- swerk in die Afrikaanse filmbedryf te doen.

Na die uitreiking van PRETVILLE sal geen dorp in Suid Afrika ooit weer dieselfde wees nie.

 

Media

Production Notes

Afrikaans Note English Notes

Press releases
Persverklaring