Leave us your details for up to the minute movie news

Die Ontwaking

Production NotesProduksie NotasFacebookQueries or Questions

In fliekteaters 28 Februarie 2016

Die Ontwaking is ’n grusame en aksiebelaaide misdaadriller wat die psige en motivering van ’n reeksmoordenaar ontgin. Abel (Gys de Villiers), eienaar van ’n klein galery wat in Afrika-maskers en kuns spesialiseer, is ook die kurator van ’n versameling tatoeëermerke wat aan pragtige vroulike slagoffers behoort het, wat by sy kosmiese-joernaal-tema pas.

Die Ontwaking is op die eerste boek van die Abel-trilogie, Abel se Ontwaking, gegrond (in Engels vertaal as The Skin Collector) deur die bekende misdaadskrywer Chris Karsten. Abel se geestelik versteurde persoonlikheid is ’n denkbeeldige samesmelting van die persoonlikhede van die berugste reeksmoordenaars in fiksie, en sluit Norman Bates, Sweeney Todd, Dexter, Leatherface, Freddy Krueger en Jame Gumb, die reeksmoordenaar in The Silence of the Lambs in, wat vrouens agtervolg het en hulle vel verwyder het om ’n pak klere van vroulike vel te maak. Die Amerikaanse moordenaar en lykrower, Ed Gein, was egter die groot inspirasie vir Abel. Gein het lyke uit plaaslike begraafplase opgegrawe en trofeë en aandenkings van hulle bene en vel gemaak.

In die rolprent is Ella Nesser (Juanita de Villiers), die aantreklike, maar onervare speurder in beheer van die moordsaak. Haar hoofopdrag is om die reeksmoordenaar, wat jag maak op die stad se jong vroue, vas te trek. Terwyl sy haar bes probeer om haarself aan haar meer senior kollegas (Paul Eilers en Gerard Rudolf) te bewys, sukkel sy ook om haar gebroke verhouding met haar kêrel (Armand Aucamp) te verwerk.

Abel is ’n uitgeslape kalant en die jong speurder maak stadige vordering met die saak. Namate al hoe meer slagoffers opgespoor word, verskyn die welaf sakeman (Morne Visser) wat ’n band met al die slagoffers het op die toneel – ’n man wat maklik as die skuldige gesien kan word. Terwyl hy Ella se aandag van die werklike moordenaar aftrek, gaan Abel voort om sy grusame werk te doen.

En Abel het vir sy naderende vyftigste verjaarsdag ’n spesiale geskenk vir homself in gedagte – ’n nuwe gesig: die gesig van ’n beeldskone jong vrou, soos dié van die jong vrouespeurder.

Die rolprent is ’n spanpoging van The Showroom Theatre, Advantage Entertainment en Enigma Pictures.

Die Ontwaking is in 2014 vir die eerste keer by die Silwerskermfees vertoon waarna dit die toekenning as beste vollengteprent by die Indie Karoo Film-fees gewen het.

Press Releases / Pers Verklaring

View Press Release – 2 December 2015