Synopsis
Joe Niemand se “Night of Light” was die grootste Afrikaanse musiek produksie in SA geskiedenis. Met amper 900 sangers, musikante en tegnici was die aand ‘n belewenis wat nie in woorde beskryf kan word nie.
Met ongekende ondersteuning van ander kunstenaars is mense aangemoedig om nie die 20ste Maart 2012 by die Coca Cola Dome in Johannesburg mis te loop nie en die wat daar was verstaan hoekom. Hierdie was nie ‘n gewone DVD opname nie, maar ‘n geskiedkundige aand vir musiek in Suid Afrika.
Met 7 albums wat strek oor ‘n tien jaar loopbaan, was die aand ‘n samestelling van sy beste en gewildste liedere, onder andere die radio treffer, “Words”, sowel as “A New Day”, die temalied van die gewilde film, “Faith Like Potatoes”. Die vertoning het ook “Ek Sal Nie Bang Wees nie” ingesluit, wat onlangs platinum status bereik het en een van 2011 se grootste verkopers was.
‘n Afrikaanse kunstenaar wat die grootste binnenshuise arena in die land vul in ‘n tyd wat meeste van die industrie kleiner dink en ‘n internasionale produksie standaard nie net ewenaar nie, maar volgens die wat weet, oortref.
Neem jou sitplek in en beleef Night of Light op CD en DVD. Jy sal ook glo dat iets besonders in Johannesburg gebeur het op die nag van 20 Maart 2012.





































